Oor lapboeke, papboeke, oorlog en die liefde. Harry Kalmer, Woordfees Pers Verklaring.
Die papboek “Die agste plaag” is o.a. geïnspireer deur ‘n rooi lapboek uit my kinderdae.
Dit is die storie van ‘n Hollandse skoolmeester wat deur die berugte Wolmaransstad krygshof gefussileer is.
‘n Verraaier dus.
Maar eerder van sy eie idealisme eerder as van ‘n nasionalisme.
Hy het aan die Boeresaak geglo maar tydens sy vrou se derde swangerskap besef hy oorlog is nie vir hom nie. (Haar naam is Esperance, dis Frans vir hoop – skryf sy vrou in die boek se laaste sin).
Die stryd tussen Boer en Brit is a heavily contested site – daarvan getuig die afgelope weke se emosies rondom Rees-Mogg se oningeligte opmerkings rondom die konsentrasiekampe.
Die boek is ‘n liefdesverhaal van twee outsiders – Martruid ( “Die kindermeid” en “bywonersweeskind)) en die Hollandse skoolmeester wat Sprinkane in bottels aanhou.
Ek was mal oor Hannelie se landskapkuns “Locust & Grasshopper” in 2017 toe sy reusagtige swart prente in die wintergeel gras in die koppies rondom Nirox se beeldpark gebrand het.
Toe sy die storie lees en afkom op die sprinkaanversameling van die Hollandse skoolmeester het dit tot haar gespreek.
Ekself verwys in Die Bram Fischer Wals na die Britse soldate wat Bloemfontein inneem as sprinkane.
Die sprinkaan bied ons ‘n geleentheid om ‘n menslike storie te vertel met die oorlog as agtergrond.
Metaforiese reportage eerder as ‘n visuele “show and tell.”
Oorlog; die sprinkaan wat ‘n verwoeste aarde agterlaat in sy wake.
Hannelie en ek deel ‘n belangstelling in “verborge geskiedenisse”. Daarom is ons bly dat Ingrid Winterbach, dikwels self ‘n sonderlinge blik op die geskiedenis biedmet ons gesels by die woordfees.
Ons was ook gelukkig om ons pel Glenda Venn, die aweregse Grafiese en boekskepper en hoof van Istago! Communications aan boord te kry om met die uitleg en drukproses te help.
Hannelie se vrou, die skrywer en kunstenaar Reney Warrington, het ‘n kort film geïnspireer deur die boek met ‘n voice over deur Mariëtta Kruger (TBC)geskiet.
Die boek self is ‘n labour intensive job en Hannelie sit elke dag saam met lede die Boithumelo Sewing Projek in Hillbrow daaraan en werk.
Sy en ek is altwee Gerformeerd groot gemaak dus is die “Psalmboek formaat” nie toevallig nie. Net soos “die kantwerk” wat die boek omsoom ‘n verwysing is na Emily Hobhouse se kantwerkprojekte saam met die boerevroue na die oorlog.
Leave a reply